Kleinbegin se badkamer
Die Gimnasium kry 'n badkamer
Kategorie: Sport en gemeenskap
Vriende van Kleinfontein bou vir die nywerheidskorf ‘n badkamer. Die badkamer bedien die Kleinbegin winkel, Gymnasium en die MusiekFabriek.
Ons maak mooi !
Kleinfontein se ingang
Kategorie: Infrastruktuur
Vriende van Kleinfontein spring vinnig in en maak die Nedersetting poort netjies.
Die rugbypale kort aandag.
Ons doen onderhoud
Kategorie: Sport
Kleinfontein se Rugbyveld se pale kry liefde en aandag. Dankie aan almal wat vriende in staat stel om te kan help.
Vriende borg die huur van beide die “Cherry Picker” en ook die aankoop van die verf en gee ook die arbeid.
Kleinfontein se swembad
Ons eie swembad
Kategorie: Sport en ontspanning
Vriende van Kleinfontein takel die gemeenskapswembad na die winter. Ons verf die hekke en die pompkamer en natuurlik moet die swembad blou. Vriende borg die verf en die arbeid
