Herfs 2025
Kategorie: Infrastruktuur
Vriende van Kleinfontein bring herstelwerk aan aan die poorte se letters wat deur die EFF betoging op 2 Mei afgeruk is.
Winter 2025
Kategorie: Bemarking en kultuur
Vriende van Kleinfontein fasiliteer die aanbring van ‘n skildery van die Boereheld Jopie Fourie.
Fondse vir die skilderwerk is geborg en Vriende het gehelp met die oprig van steierwerk en andere logistiek.
Mei 2025
Kategorie: Die Vryheidsideaal
Vriende van Kleinfontein skenk R500 vir verversings aan vrywilligers wat Kleinfontein bygestaan het gedurende die EFF protes op 2 Mei 2025
Junie 2025
Kategorie: Kultuur
Vriende van Kleinfontein skenk R1000 ter ondersteuning van die herdenking van die slag van Donkerhoek wat die enkele grootste veldslag was in die Pretoria gebied in 1900
Junie 2025 -1
Kategorie: Maatskaplike vlak
Vriende van Kleinfontein skenk R1500 ter ondersteuning van die Sorgsentrum. Die fondse gaan aangewend word om paslakens aan te koop.
Junie 2025 -2
Kategorie: Sport
Vriende van Kleinfontein skenk ‘n rugbybal aan jong manne wat graag die populere sport wil beoefen. In die foto oorhandig Frik Putter van Arbeid adel die rugbybal.
Lente 2025
Kategorie: Gemeenskap en jeug
Vriende van Kleinfontein deel gratis worsbroodjies uit tydens die swembad se opening op 13 September
September 2025
Kategorie: Gemeenskap
Vriende van Kleinfontein help met die logistiek van die herdenking van Charlie Kirk op 21 September. Vir die kleinspan verskaf Vriende van Kleinfontein koeldranke.